Geestelik

Geestelik

Geestelik

Donderdae is VCSV-tyd.

Wat ‘n fees! Saam met jou pelle is dit jou kans om te gesels oor dit waaroor jy wonder en nog altyd meer wou weet. Hartsdinge. Geestelike kwessies en kwelvrae word deur entoesiastiese opvoeders en volwassenes uit die gemeenskap wat graag betrokke wil wees, hanteer. Die kwartaallikse “Praise & Worship” is ‘n groot lekkerte. Die Bybelvasvrae ‘n geleentheid om informeel teen mede-BD’s te kompeteer. Die uitreike plaaslik en elders is onthou-dinge. Die kampe en Kaapse uitreike is belewenisse vir elkeen wat saamgaan. Hier beleef ons die ware betekenis daarvan om van jouself te gee.

  • 7-IMG_1853
  • 8-Josua
  • 5-IMG_1504
  • 2-IMG_0952
  • 3-IMG_0983
  • 6-IMG_1533
  • 1-IMG_0885
  • 4-IMG_1246

 

Joshua

28 leerders (waarvan 2 Herberg Kinderhuisleerders is), onder leiding van juf Marie Geldenhuys en mnr Marlon Olivier, het vanaf 27 Junie tot 5 Julie vir ‘n week van dienswerk in die Strand- en Kaap omgewing vertrek. Verskeie projekte soos skoonmaak van hospitaalsale, werk met gestremde kinders en volwassenes, straatkinders, bejaardes, nagskuiling inwoners en baie minder bevoorregte kindergroepe, is deel van die vol weekprogram wat elke oggend, middag en aand van die week in beslag neem.

Wat ‘n voorreg om vir ander mense iets te kan doen terwyl jy self soveel leer van dankbaarheid. Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning en bydraes van die onderwysers, ouers en die gemeenskap om hierdie week moontlik te maak.