Nuusflitse

Nuusflitse

Lomond open - Swem

Gabriella Scott (tweede algeheel, eerste met "wet suit"), Elza de Kock (vierde algeheel, eerste "non-wet suit") en Malica Swart het deelgeneem aan die Lomond open water swem. Hoërskool Bredasdorp is baie trots op hierdie dogters!

 

Janco Fourie en George de Kock het die myl geswem by Lomond en uitstekend gevaar deur onder top 20 te eindig! Wel gedaan manne!

Lomond Driekamp - 2018

Hoërskool Bredasdorp het ñ span gehad by die Lomond Driekamp. George de Kock (1,2km swem), Janco Fourie (12km trial run) en mnr.Terblanche (30km bergfiets) was span BD's.

Tennis - CJ Honiball

Baie geluk aan CJ Honiball wat vandag vir Kavaliers Platteland teen WP tennis gespeel het. Hoërskool Bredasdorp is trots op jou.

Let's PLAY - 2018

Jemimah Daniels is aangewys as een van Let's Play se maandwenners. Die BD's is baie trots op haar prestasies.

Subscribe to this RSS feed