Nuusflitse

Fiona Fourie - ontvang dubbelgoud

FIONA WEN DUBBELGOUD
Fiona Fourie, gr 12-leerder van Hoërskool Bredasdorp, het aanlyn aan die Montagu Eisteddfod deelgeneem Sy het ‘n pragtige dubbelgoue toekenning verower met haar solo “You are the reason”. ‘n Uitmuntende prestasie veral weens die feit dat ‘n nuwe platform vir deelname gebruik moes word. Ons is trotse BD’s!