Dans

 

30 Augustus tot 1 September 2018

HSB se Kontemporêre dansgroep het die afgelope naweek aan die KykNet Dans in jou Taal finale rondte deelgeneem. Leerders het hul goed van hul taak gekwyt, maar ongelukkig nie met die prys weggestap nie. Al 9 provinsies het deelgeneem, waarvan die wenskool van Mpumalanga afkomstig is. Die dansers het baie ondervinding opgedoen en het dit gate uit geniet. Baie dankie aan mnr Marlon Olivier wat hulle vergesel het. Ons opregte dank ook aan elke persoon/instansie wat hierdie deelname vir die dansers moontlik gemaak het.