Nasionale Dramaweb SA kompetisie

Die BD-susters Zoë Louw (gr 11) en Somé Louw (gr 9), asook Anna Pretorius (gr 10) en Suzanne Pretorius (gr 😎 het gedurende die wintervakansie hul dramatalent uitgeleef deur deel te neem aan die Nasionale Dramaweb SA kompetisie, wat aanlyn plaasgevind het. Zoë en Anna het in beide die Afrikaans en Engelse afdelings deurgedring tot die finale rondte en is albei aangewys as top 10-finaliste. Somé het deelgeneem aan die finale rondte van die Afrikaanse kategorie en was ook ‘n top 10-finalis. Al vier word deur Madré du Toit afgerig. Knap gedaan aan die vier talentvolle BD’s. Vlnr op foto: Anna Pretorius, Zoë Louw, Somé Louw

Leave a Reply

Your email address will not be published.