Jeugleierskonferensie – Zoë Louw

Zoë Louw, hoofmeisie van Hoërskool Bredasdorp vir 2022, is een van 50 hoofleiers uit die Wes-, Noord- en Oos-Kaap wat gekies is om aan Die Burger se jaarlikse jeugleierskonferensie deel te neem. Skole word jaarliks die geleentheid gegun om hul hoofleiers vir die konferensie te nomineer, waarna hulle tydens ‘n keuringsproses toelating daartoe ontvang, aldan nie. Vanjaar sal die 63ste keer wees wat die hoofleiers daaraan deelneem. Dit word vanaf 13 tot 15 Desember virtueel aangebied en die leiers sal die geleentheid kry om aktuele jeugkwessies te bespreek. Baie geluk, Zoë!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *