Die afgelope naweek het die BD’s aan ‘n tweekampbyeenkoms op Malmesbury deelgeneem. Elza de Kock, Anna Pretorius, Janco Fourie en Minke Terblanche (nie op foto nie) kwalifiseer om Boland op 5 Februarie by ‘n interprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn te verteenwoordig.