Argus-fietswedren

Ons is trots op die twee onnies en drie BD’S wat vandag die 109 km van die Argus-fietswedren suksesvol in nat toestande afgelê het. Ten spyte van die eendeweer, het hul dit baie geniet. Mnr Retief (skoolhoof) het sy 22ste wedren voltooi, mnr Terblanche, sy derde en Dian Fourie (gr9) en John Dunn (gr11) wat dit vir ‘n tweede keer aangedurf het. Minke du Toit (gr10) het haar eerste Argus saam met haar pa, Pieter, gery en dit baie geniet.

Leave a Reply

Your email address will not be published.