BD’S WYS HUL KREATIEWE GEES IN AANLOOP TOT TOETSREEKS

Met HSB se VRL aan die stuur kon die BD’s vandag hul skoolboeke in enige houer, buiten ‘n skooltas, skool toe bring. Alles om gees te vang voor die toetsreeks begin. Die tema was “Anything goes… Replace your schoolbag!” Van inkopiemandjies en –trollies, mikrogolfbokse, stapsakke, wasgoedmandjies, kratte, toksakkie, broodblikke, emmers, tot ‘n springmieliemasjien… die BD’s kan kreatief wees! Baie dankie aan die VRL vir hierdie inisiatief.

Leave a Reply

Your email address will not be published.