SKAAK

Brandon Edwards het die afgelope naweek as verteenwoordiger van die Overbergspan in ‘n interstreekskompetisie in Saldanha gespeel en 5de geëindig. Baie geluk, Brandon! Nog elf BD’s is na die naweek se geslote skaakbyeenkoms tot die Overbergspan verkies. Hulle is: Remi Mostert, Lynne Cloete, Kirsten Valentine, Jacques Harmse, Deon Harmse, Hugo Bester, Emma Bester, Javen Hansen, Jawon Gabriëls, Neesha Marais en Rory Dowrie. HSB het dus 12 skaakspelers in die Overbergspan! By die Overberg geslote kompetisie, het Kirsten Valentine 3de (Do.19), Neesha Marais 4de (Do.19) en Jacques Harmse 1ste (So.19) geëindig. Welgedaan aan ons skaakspelers! (Deon Harmse was afwesig met die neem van die foto.)

Leave a Reply

Your email address will not be published.