SKAAK

12 Leerders is in die Overbergskaakspan opgeneem en het die afgelope naweek in Mosselbaai aan die WKOD Hoërskool Toernooi gaan deelneem. Dit was proewe om in die WP Skaakspan opgeneem te word. Ongelukkig is nie een van ons spelers in die WP-span nie, maar die volgende leerders het elk 3 uit 6 wedstryde gewen: Deon Harmse, Kirsten Valentine, Javen Hansen. Baie geluk aan elkeen wat gaan deelneem het. Op foto: Jawon Gabriels, Kirsten Valentine, Rory Dowrie, Javen Hansen, Lynne Cloete, Jacques Harmse, Deon Harmse, Remi Mostert. Afwesig: Brandon Edwards

Leave a Reply

Your email address will not be published.