Juffrou Madeline Kriel verlaat HSB

Juffrou Kriel was 4 jaar lank deel van die BD-familie en 5 jaar voor dit as oudskolier van HSB. Sy gaan haar vlerke by Hoërskool Hangklip in Queenstown, in die Oos-Kaap sprei. Haar vakke is Lewenswetenskappe en English Home Language. Haar buitemuurs bestaan uit drama, debat en atletiek. Juffrou het menigde leerders met haar skerp humorsin, danspassies en kleredrag vermaak. Dankie dat Juffrou nooit Juffrou se kunstalent onder ‘n maatemmer weggesteek het nie. Dankie dat die BD’s by Juffrou kon leer dat jy 110% jouself moet wees. Mag Juffrou daar ook aanhou om leerders se harte aan te raak en ‘n groot impak te maak. Mag goedheid, guns en gesondheid Juffrou vergesel. Totsiens, Juffrou Kriel!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *