BEWUSMAKINGSVELDTOG OOR SISTIESE FIBROSE

Agt fietsryers van Hartswater in die Noord-Kaap is besig met ‘n bewusmakingsveldtog oor sistiese fibrose om hul eie “superhero”, Shiloh Grewar (15) te ondersteun en beoog om in die proses 1 240 kilometer met fietse af te lê. Hulle bestemming is die Suidste Punt van Afrika. Vrydag, 13 Jan. 2023, sal hierdie groep hul laaste skof tussen Bredasdorp en Agulhas aflê. Indien daar leerders of ouers is wat belangstel om saam te ry kan hul mnr. JP Terblanche kontak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *