GHOLF: SUID-BOLAND LIGA

Nege BD-gholfspelers het op Maandag, 30 Januarie, die Bredasdorp-wind trotseer en deelgeneem aan ‘n Suid-Boland ligabyeenkoms tussen Hoërskole Bredasdorp, Hermanus, Montagu en Swellendam. Ten spyte van die sterk wind, het hulle die middag baie geniet en was die tellings heel goed. Volgende week neem hulle by die Theewaterskloof gholfbaan deel. Sterkte met die res van die seisoen. Op die foto verskyn v.l.n.r: Anelmari van Niekerk, Lohann Fourie, Johané Beukes (kaptein), Albert Lambrecht, Conrad Nortjé, Kyle Willeman, Tiaan Scheepers, Hanru Zietsman (afwesig: Kevin Goliath)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *