MATRIEKRAADKAMP

Ons matriekraad was bevoorreg om hierdie naweek, na die besige week en ‘n half van oriëntering, op hul kamp te gaan. Die leerders was vele kere uit hul gemaksone gehaal met die reën wat die planne kom verander het en hulle moes net aanpas. Die diverse groep was uitgedaag om saam te werk, mekaar beter te leer ken en om net jouself te wees. Ons is dankbaar vir mense soos Henry Pratt wat ‘n passie vir jong mense het en sy vrye tyd opoffer om die kamp aan te bied! Dankie aan juf. Slabbert en juf. Genis wat die leerders vergesel het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *