12 dogters saam met juf. Odendaal en juf. Slabbert het gister na Kaapstad gereis om netbal te gaan kyk.
Die dogters het die geleentheid gehad om by die CTICC die Quad Series te kyk. Die wedstryde was tussen Suid-Afrika en Engeland asook Australië en Nieu-Seeland waarna Australië as die kampioene gekroon is.
Hierdie was ‘n lekker voorsmakie vir die Wêreldbeker wat in Julie in Suid-Afrika gaan plaasvind.