Uncategorised
JEUGSKOU
‘n Groepie HSB-kokke het vandag aan die kos-afdeling van die Jeugskou by die Swellendam Skou deelgeneem.
In die afdeling vir suiwelbereiding moes die deelnemers ricottakaas maak en saam met rooibosstroop en ander bestanddele van hul keuse as ontbyt voorsit.
In die afdeling vir kulinêre kuns moes die deelnemers ontbyt voorsit met “french toast”, rooibosstroop en ander bestanddele van hul keuse.
Die leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt en die volgende BD’s het plekke behaal:
Suiwelbereiding Seniors:
Helena Kriel 1e plek
Willem Strauss 2e plek
Kulinêre kuns seniors:
Sophia de Lange 2e plek
Matt Fortuin 3e plek
Kulinêre kuns juniors:
Nina Terblanche 1e plek
Baie geluk!