GHOLF

Die BD-gholfspelers het op 30 Maart ‘n bedrywige somerseisoen afgesluit met ‘n uitstappie Stilbaai toe. Na ‘n vinnige vroegoggend koffie in Heidelberg en ‘n stewige ontbyt by die klub, was hulle slaggereed om die Stilbaaibaan met sy steil bulte, aan te durf. Hulle is nie net beloon met ‘n pragtige see-uitsig nie, maar het almal goeie tellings behaal. Dit was ook ‘n afskeidsgeleentheid vir twee staatmaker matriekspelers, Johané Beukes (Kaptein) en Anelmari Van Niekerk. Na ‘n blitsbesoek aan die hawe, ‘n lekker draairoomys en later ‘n roosterkoek by Buffeljags, was die spelers gereed vir hul hokkie- en rugbytoere wat Vrydag vertrek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *