REDENAARS

Ons is baie trots op vlnr Amy Davids (gr. 12), Malienke van Wyk (gr. 8 ) en Amanda Gouws (gr. 12) wat op 25 en 26 April aan die eerste rondte van die landswye ATKV Redenaarskompetisie deelgeneem het. Hierdie drie kranige sprekers het by Hoërskool Bellville aan die Wes-Kaap se uitdunrondte deelgeneem. Finale uitslae is nog nie bekendgemaak nie, maar al drie sprekers het hul baie goed van hul taak gekwyt.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *