Uncategorised
SKAAK
Tien BD’s het op 22 April in Hermanus aan die 20/20 Rapid-toernooi deelgeneem. Skaakspelers van alle ouderdomme kon inskryf in drie kategorieë, wat volgens die spelers individuele rangordes bepaal is. Kategorie A (SA skaakranglys 1400 en hoër), Kategorie B (tussen 1000 en 1399) en Kategorie C (laer as 1000). Ukho Mfenyana, in gr 8, het in laasgenoemde kategorie deelgeneem waarin hy vyf wedstryde gewen en een gelykop gespeel het. Hiermee het Ukho ‘n bronsmedalje en kontantprys verower. Deon Harmse in gr 11 het in die B-kategorie meegeding. Hy het vier wedstryde gewen en twee gelykop gespeel. Hy is algeheel vierde geplaas by die toernooi.
Ons is baie trots op al hierdie skaakspelers met hulle prestasies.

