AFRIKAANS

Die gr. 12 Afrikaans Huistaal- en Eerste Addisionele Taalleerders het op 25 Julie hul mondelingsessie vir die NSS-eksamen afgelê. Die groepie matrieks was dus die baanbrekers vir vanjaar se eindeksamen. Hulle kan spog daarmee dat hulle die eerste fase van die 2023-eindeksamen suksesvol afgehandel het. Die assessering is deur me Marné Brosens (Vakadviseur Afrikaans vir Overberg Onderwysstreek) en mnr Chris Banda (Hoof Kurrikulumbeplanner vir Afrikaans van die WKOD) behartig. Hulle was baie beïndruk met die BD’s se praat- en leesvaardighede en het gemeld dat hulle gemaklike sprekers is wat hulle taal goed kan handhaaf. HSB is trots op hierdie matrikulante wat hulle graadgroep se naam hoog gehou het. Agter vlnr: Amy Davids, Hanré Gabriëls, William McDonald, Johané Beukes en Ida Marsh Voor vlnr: Dagan Weir, mev Nuwie van der Walt, mev Liezel van Schalkwyk, Amanda Gouws, Safana Walele en Lele Vatela

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *