BD BLINK UIT BY NASIONALE PIERNEEF KUNSTEFEES

Ons is baie trots op Malienke van Wyk, gr 8, met haar uitmuntende prestasies by die aanlyn Nasionale Pierneef Kunstefees. Malienke het drie skryfstukke in die hoërskoolafdeling ingeskryf en die volgende prestasies behaal: Afrikaans kortverhaal A+ Eksperimentele skryfstuk A++ English Short Story A++ Sy het ook die Creative Writing Award gewen vir die beste Afrikaans/Engelse kortverhaal in die hoërskoolafdeling (gr 8-12). Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie as daar in ag geneem word dat Malienke, ‘n gr 8-leerder, stof in die oë van al die senior deelnemers tot in gr 12, geskop het. Malienke het ook gedurende die tweede kwartaal aan die Radikale Redenaars se Skryfkuns-afdeling deelgeneem. In hierdie aanlynkompetisie het sy vir haar kortverhaal ‘n A+ (90-100%) behaal. Vir beide haar gedig en eksperimentele skryfstuk het sy A’s (80-89%) behaal. Ons is baie trots op hierdie aspirant skrywer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *