Uncategorised
EISTEDDFOD UITSLAE
Die BD’s het op 26 Julie aan die Overberg Spraak- en Drama Eisteddfod deelgeneem. Sewe hoërskole uit die streek het vanjaar meegeding in die onderskeie afdelings. Die kompetisie was straf, maar ons deelnemers het weer eens bewys dat talent en entoesiasme beslis ‘n wenkombinasie is. Baie dankie ook aan Amanda Gouws en Amy Davids, twee getroue gr 12-kultuurkatte, wat vir oulaas tyd gemaak het in hulle besige matriekskedule om die BD’s te verteenwoordig.
Zoë October, Goud – Voordrag; Bladlees
Reese Louw, Cum Laude – Voordrag; Monoloog
Casey-Leigh Moses, Goud – Bladlees; Voordrag
Malienke van Wyk, Goud – Prosa; Bladlees, Cum Laude – Voordrag
San-Mari Rossouw, Goud – Bladlees, Silwer – Gedigte
Amy Davids, Goud – Gedigte; Bladlees
Amanda Gouws, Cum Laude – Bladlees, Monoloog, Redenaars Goud – Mimiek
Fayannette Kruger, Goud – Gedigte
Foto: Agter: Fayanette Kruger, Reese Louw, Amanda Gouws, Amy Davids
Voor: Casey-Leigh Moses, Malienke van Wyk, Zoë October
Afwesig met neem van foto: San-Mari Rossouw

