Watter lekker voorreg vir die 2023-matriekklas en hul voogonderwysers, asook die administratiewe voogde, wat vir oulaas op 31 Augustus saam ontbyt kon geniet. Dié jaarlikse saamkuier geleentheid is gewoonlik ‘n hoogtepunt op matriek-BD’s se kalender.
Die spreker was Anneli Groenewald, mede-eienaar van Suidernuus, asook dosent in die Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie oud-BD het in 2011 gematrikuleer en sedertdien groot voetspore in die media- en joernalistieke wêreld getrap. HSB is inderdaad baie trots op haar akademiese- en beroepsprestasies. Sy het matrikulante daarop gewys dat dit uiters noodsaaklik is dat jy ‘n studierigting volg wat deel vorm van jou belangstellingsveld. Slegs deur jou hart te volg, sal jy ‘n gelukkige en gebalanseerde volwassene wees.
Baie dankie aan Antoinette Events (spyseniering) en die matriekregisteronderwysers wat baie moeite gedoen het om dit vir ons gr 12’s ‘n onthou oggend te maak.