Uncategorised
HOKKIE
Die Cape Town Premier Hockey League is ‘n hokkietoernooi wat jaarliks in Kaapstad plaasvind. Dit is gebaseer op die NFL en bestaan uit 6 “franchises” en 4 ouderdomsgroepe plus ‘n seniorspan.
Spelers skryf in waarna die afrigters hul spanne mag kies. Daar was hierdie jaar meer as 1500 inskrywings.
Die volgende HSB-hokkiespelers is in die onderskeie spanne opgeneem:
o/18 Rebels: Alexander vd Walt
o/16 Rebels: Cole Coetzee
o/16 Heat: Minke Terblanche
o/14 Royals: Nina Terblanche
Oefensessies het die afgelope naweek plaasgevind en alle wedstryde vind die komende twee naweke in Kaapstad plaas.
Sterkte aan dié BD-hokkiespelers! Geniet elke oomblik.
V.l.n.r. op foto: Minke Terblanche, Cole Coetzee, Nina Terblanche
Afwesig: Alexander van der Walt

