Uncategorised
BD-ONNIES WYS SPIERE TEEN LAERSKOOL BREDASDORP
V.l.n.r.: Juf. Anneri Slabbert, mnr Tiaan Diedericks, mnr Sebastiaan Nieuwoudt (aflosonderwyser) en juf. Sanna Prins het gewys dat ‘n uitdaging hul nie afskrik nie toe hul Laerskool Bredasdorp aangevat het in die aflos-item tydens LSB se kleuresport.
Die BD-onnies het weliswaar nie gewen nie, maar vir groot vermaak vir die klein-BD’s gesorg. Die pawiljoene het behoorlik gedreun!

