BAIE GELUK, MNR RETIEF

Om in die Wilde Weste saam met ‘n groep entoesiastiese BD’s en jou kollegas jou verjaarsdag te vier, kan mos net lekker vir ‘n skoolhoof wees. Die nuwe matriekraad, onder die bekwame leiding van mee Estelle Genis en Eloïse du Plessis en hul ouers, het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Al die Cowboys and Crooks het heerlik piekniek op die rugbyveld en in die klubhuis gehou. Mnr Müller Retief, die eregas van die dag, het met ‘n perdekar (getrek deur twee swierige swart perde) arriveer. Die koetsier was ’n oudleerder, mnr Douw Vermeulen. Ons wens mnr Müller Retief ‘n voorspoedige nuwe lewensjaar vol vreugde, vrede en gesondheid toe. Die BD’s salueer u!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *