Wat spel rooi harte, vrolike ballonne, ‘n mooi getooide skoolsaal, jongdames, sjarmante jongmanne en hope energie? Die BD’s se jaarlikse valentynsbal, natuurlik. Vanjaar het die aand afgeskop met die gr 8-nuwelinge wat, gewapen met hulle besemstokke en oorgenoeg entoesiasme, die eerste uur saam met die matrikulante kon bywoon. Al was hul eerste amptelike hoërskoolsokkie net […]
Daily Archives: 15 February 2024
Die BD-personeel se A- en B-spanne rol elke Woensdag hul rolballe in die Besigheidsliga se rolbalkompetisie. Die personeel het Woensdagaand, 14 Februarie, teen mekaar gespeel en die A-span het as wenners uit die stryd getree. Voorspoed, BD-personeel! Ons hou duime vas vir goeie uitslae, maar ook vir groot pret.
Die naweek vind die Suid-Boland atletiekbyeenkoms op ons atletiekbaan plaas. Kom ondersteun ons BD’s. Toegangsgelde: Persone – R20 Leerders sonder skooldrag – R10 We hope to see you there!
Twee HSB-gholfspanne het gister op Worcester aan die Boland skole gholfliga deelgeneem. Dit was 40° Celcius en ‘n sterk wind het gewaai. Die beste tellings is deur die volgende leerders aangeteken: Kyle Willeman 11 punte Zander Niemand 12 punte Matthew Brooks 13 punte Kevin Goliath 16 punte Edmund O’Ehley 20 punte Welgedaan seuns!
Kom ondersteun ons jaarlikse T4J-dubbelstoernooi! Ons sien daarna uit om die deelnemende skole te verwelkom. Goeie tennis is definitief op die spyskaart.
Die 1ste krieketspan speel weg teen HTS Drostdy se 2de span. BD’s wen die loot en kies om eerste te kolf. Ons teken 179 aan waarvan Kiethon Arries 76 lopies moker. Bredasdorp verloor ongelukkig met 7 paaltjies met Alexander Janse Van Rensburg wat in sy 10 boulbeurte slegs 25 lopies afstaan en 1 paaltjie neem. […]
Die BD’s se o/15-krieketspan speel gister, 8 Februarie, op Hermanus teen Curro Hermanus. Bredasdorp kolf eerste en teken 113 lopies in 25 boulbeurte aan. Justin Bailey teken 24 lopies aan, Edmund O’Ehley 21 lopies nie uit nie en Daniel du Toit 21 lopies. Curro kolf toe en teken 105 vir 7 paaltjies in 25 boulbeurte […]