GR 7 OPEDAG

Op 26 Februarie het 120 voornemende BD’s en talle ouers die gr 6 en 7-opedag bygewoon. Die middag het afrigtingsklinieke vir rugby, netbal en hokkie plaasgevind. Leerders het ook saam geoefen in die Crossfit-gimnasium. Kreatiewe uitstallings van die talle buitemuurse aktiwiteite het die besoekers se belangstelling geprikkel. In die onderskeie praktiese vakke kon hul interaktief deelneem en solank ‘n voorsmakie kry wat die vakinhoude betref. Die “amazing race” was vir talle ‘n hoogtepunt en hulle het entoesiasties gesoek na spesifieke items na aanleiding van leidrade wat hulle ontvang het. Die matriekraad het die groepe gemotiveer om so flink as moontlik die skattejag te voltooi. Na ‘n inligtingsessie in die skoolsaal, het die ouers e onderwysers gesellig saamgekuier om die suksesvolle aand gepas af te sluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *