Uncategorised
HOKKIE
Charlie Hofmeyr Hockey Festival took place from 20 – 23 March 2024.
Die toer na Ceres was ‘n baie goeie voorbereiding vir die seisoen. Ons het elke dag wedstryde gespeel en afrigting ontvang deur ECHS (Elsie Coetser Hockey School) se top afrigters. Ons het tuisgegaan in Charlie Hofmeyr se twee koshuise en was heerlik bederf.
Ons spanne (o/19A-seuns en gemengde o/19 en o/16 meisies) het baie geleer en het soos volg gevaar:
Woensdag – 20 Maart
●Wedstryde op Astro
– Meisies wen 10 – 1 teen Charlies o/19B
– Seuns wen 2-0 teen Hopefield o/19A
Donderdag – 21 Maart
●Wedstryde op gras
– Seuns wen 2-0 teen Montagu o/16A
– Meisies wen 5-0 teen Charlies o/19B
●Wedstryde op Astro
– Seuns wen 2-0 teen Charlies o/19B
– Meisies verloor 1-3 teen Langenhoven o/16A
– Meisies speel 0-0 gelykop teen Montagu o/19A
Vrydag – 22 Maart
● Wedstryde op gras
– Meisies verloor 1-3 teen Charlies o/16A
– Seuns wen 4-0 teen Charlies o/16A
● Wedstryde op Astro
– Meisies wen 2-0 teen Hopefield o/19A
– Seuns speel 0-0 gelykop teen Montagu o/19A
Saterdag – 23 Maart
● Wedstryde op Astro
– Seuns wen 7-0 teen Hopefield o/16A
– Meisies wen 4-0 teen Strand o/16A
Vrydagaand is daar ‘n prysuitdeling gehou. Ons is baie trots op die volgende spelers wat ‘n sertifikaat by die toernooi ontvang het.
● Minke Terblanche – beste voorspeler van die toernooi.
● Minke du Toit – beste agterspeler van die toernooi.
● Kirsty Olkers – Best goalie of the tournament.
● Marcel Mataga – Best forward of the tournament.
● Cohen Dyers – Beste goalie van die toernooi.
ECHS gee elke jaar die geleentheid aan leerders om op ‘n oorsese toer na Nederland saam met Travel en Sport te kan gaan. Leerders kon voor die toer aandui of hulle kan gaan of nie. Minke Terblanche, Minke du Toit en Marcel Mataga was gevra om hul keuse te heroorweeg.
Dankie aan Charlies wat dit weer ‘n onvergeetlike toer gemaak het.
Baie geluk aan beide ons spanne, ons glo dat die spelers reg is vir die seisoen wat voorlê.