NETBAL

Hierdie jaar was die tweede jaar wat ons ‘n BD-toernooi vir o/14-, o/15-, o/16- én o/19-netbalspanne aangebied het. Daar het meer as 270 netbaldogters aan die tweedag-toernooi van 15 tot 16 Maart by Laerskool Bredasdorp se netbalbane deelgeneem. Die deelnemende skole was HS Bredasdorp, HS Swellendam, Curro Mosselbaai, HS Porterville, Worcester Gimnasium, HS Montana en HS Jan van Riebeeck. Die toernooiwenners in elke ouderdomsgroep: o/14: BD’s o/15: Jan van Riebeeck o/16: Swellendam o/19: Swellendam Baie dankie aan elke skool, afrigter en dogter wat aan hierdie toernooi deelgeneem het. Dankie vir twee dae van ongelooflike netbal, alles in ‘n mooi gees. Ons sien julle weer volgende jaar! Hoërskool Jan van Riebeeck Hoërskool Swellendam Hoërskool Porterville Curro Mossel Bay Hoërskool Montana – Worcester Worcester Gymnasium/Gimnasium

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *