Hoërskool Bredasdorp spelers wat Boland verteenwoordig by SA Junior Nasionale onderwaterhokkie Kampioenskappe, 30 April – 1 Mei. Sterkte!
Daily Archives: 2 May 2021
Netbaldogters tydens die netbalkliniek wat aangebied is deur Bennie Saayman en Annelie Lucas. Die meisies is baie opgewonde en bly om weer op die netbalbaan te mag wees. Hul sien baie uit na die 2021 netbalseisoen.
Baie geluk aan John Dunn. Hy het vanoggend op Hermanus deelgeneem aan die Walker Bay Extreme.
Baie geluk aan HSB se dogters wat die Overbergbeen van die BNP Paribas RCS Rising Stars Tennistoernooi, gewen het. V.l.n.r. Mieke Saayman, Anja Geyer, Minke du Toit en Anelmari van Niekerk. HSB se seuns het tweede gekom.
Die gr 12’s het vandag ‘n nuwe tradisie begin toe hul hul matriektruie in ontvangs geneem het.
Lohann Fourie en Juan Ferreira (op foto) het vir 0.15 Overberg teen Drakenstein tennis gespeel. By 0.19 het Anelmari van Niekerk, Elmarie Vermeulen en AJ Basson ook vir Overberg verteenwoordig.
Anja Geyer, Minke du Toit, Mieke Saayman en Minke Terblanche het vandag vir 0.15 Overberg teen Drakenstein tennis gespeel.
Bredasdorp leerders het die naweek deelgeneem aan ‘n strawwe en leersame Onderwaterhokkie “Bootcamp” by Rûens Kollege aangebied deur Jack van Blerk.
George de Kock het 27 – 30 Maart deelgeneem aan die SSA LEVEL 2 CHAMPS 2021 in Bellville en ‘n hele paar medaljes huis toe gebring.