SEUNS: SOMERSDRAG

  1. Grys broek – lang of kort (broekspyp eindig bokant knie en moet ‘n soom inhê).
  2. Lang, grys sokkies by kortbroeke.
    Lang of kort grys sokkies by kortbroeke.  Dit moet omgevou wees en bokant die kuit eindig. ‘n Grys langbroek is verpligtend vir alle formele geleenthede (bv. toekenningsaande). Die reël geld vir beide pryswenners en toeskouers.
  3. Ligblou kortmou hemp waarvan die kraag plat lê word gedurende die somer gedra. Dit moet altyd in die broek ingesteek wees.
  4. Gordel (belt) verpligtend tensy die broek sy eie rekstof in het.
    Kleur:  Swart, donkerbruin, grys, vlootblou.  (sonder woorde daarop, of gemeng met ander kleure)
    Leergordel of materiaalgordel toelaatbaar, mits voorste punt nie afhang.  Gordel moet op die heup gedra word.
  5. Die volgende tipe swart skoene is toelaatbaar:
    “Bata toughees”, “Grasshoppers” of “Bronx”
    Veters (indien die skoen het) moet met ‘n strik bo-op die skoen vasgemaak wees en nie by die kante ingesteek wees nie.  Geen puntskoene/Dakotas word toegelaat nie.
  6. Vlootblou baadjie verpligtend tydens saalbyeenkomste en spesiale funksies en geleenthede. Die hempkraag moet bo-oor die baadjiekraag gevou wees.
  7. Vlootblou V-nek langmou of moulose truie kan gedra word by ligblou hemp. Indien V-nek langmou trui gedra word moet ‘n das gedra word.
    ‘n Das is nie nodig met ‘n moulose trui en kortmou hemp nie.
  8. Die volle sweetpak mag slegs na sportdae en sportaktiwiteite gedra word, en die sweetpak baadjie kan gedra word as dit reën. Die BD-hemp en navy of swart kortbroek of skoolsweetpakbroek (dogters) moet in die sportsak vir praktiese Lewensoriëntering periodes saamgebring word.
  9. Geen das in die somer nie, behalwe by formele funksies.

DOGTERS: SOMERSDRAG

Design Director

  1. Vlootblou romp:
    Romplengte:  Indien dogter kniel, moet romp maksimum 15 cm bokant knie wees.
  2. Ligblou kortmou hemp waarvan die kraag plat lê (waarvan nie meer as die boonste knoop op enige tyd losgemaak is nie). Die hemp mag oor die romp hang.
  3. Wit skoolsokkies:
    Lengte:  Dit moet tussen 7 cm en 10 cm bokant die enkel gedra word.  Dit moet ten alle tye omgevou wees.
  4. Swart kunsleer of leerskoene, waarvan die hak tussen 2 cm en 3 cm is.
    Dit mag toerygskoene wees, of met bandjies oor die voet.
    “Baby Doll”-skoene is toelaatbaar, mits dit aan die binnekant versterk is.
  5. Vlootblou baadjie verpligtend tydens saalbyeenkomste of by spesiale funksies en geleenthede. Die hemp kraag moet bo-oor die baadjie kraag gevou wees.
  6. Vlootblou v-nek langmou of moulose trui mag saam met blou hemp gedra word. Dan moet die hemp ingesteek wees.
  7. Eerste en vierde kwartaal kan die hemp ingesteek word indien dit netjies lyk en gemaklik voel.
  8. Die volle sweetpak moet net na sportdae en sportaktiwiteite gedra word, en die sweetpakbaadjie kan gedra word as dit reën. LO-periodes:  BD-hemp en navy of swart kortbroek of skoolsweetpakbroek moet saamgebring word skooltoe en aangetrek word vir Lewensorïentering en praktiese Dans periodes.
  9. Geen das in die somer nie.

SEUNS: WINTERSDRAG

  1. Reëls rakend broeke, sokkies, gordels, skoene, truie en sweetpakbaadjies is dieselfde as in die somer. Langmou ligblou hemp moet met ‘n das gedra word.
  2. Das verpligtend in tweede en derde kwartaal. Toeknoophemde (waarvan boonste knop vas is) moet gedra word.
  3. Sweetpakbaadjies en matriektop (vir gr. 12’s) mag nie onder die baadjie gedra word nie.
  4. Vlootblou v-nek langmou of moulose trui mag onder vlootblou baadjie vir saalbyeenkomste gedra word indien dit reën of koud is.

DOGTERS: WINTERSDRAG

Dieselfde as tydens somer, behalwe:

  1. Dogters mag geen langbroeke skool toe of by enige skoolfunksie dra nie.
  2. “French nayv” langkouse moet gedra word.
  3. Dogters dra das gedurende die tweede en derde kwartaal. Dan moet die hemp in die romp ingesteek wees.
  4. Die sweetpakbaadjie of matrtiektop (vir gr. 12’s) mag nie onder die  skoolbaadjie gedra word nie.

Onderklere moet wit of vleeskleurig wees.

Vir meer inligting oor die gedragskode by ons skool, laai die dokument hier af.