1900's

1934 Skoolkoshuis word gebou, onder leiding van en gefinansier deur die kerk.

1938 ‘n Dogterskoshuis word gebou om voorsiening te maak vir die groei in leerdertalle.

1942 Die laer en hoërskool skei, maar word saam bedryf op die Langstaat perseel.

1948 Mnr Lieberberg tree af en Mnr AS du P le Roux word aangestel.

1949 Die huidige skoolwapen word ontwerp deur Mnr WL Meyers, houtwerkonderwyser.

Die eerste skoolblad word gedruk “Die Bredasdorper”

1950 Die skool kry elekrisiteit – ligte en ‘n radio.

1951 Mnr SCA Weich word aangestel as hoof.

1954 Eenvormige skooluniform word in gebruik gestel.

1955 Mnr FJ van Zyl word aangestel as hoof.

1957 Die nuwe skool op die huidige perseel in Bondstraat word ingewy.

1960 Leerdertal het gegroei tot 200. Die skool kry 2 tennisbane en ‘n rugbyveld.

1961 Hoërskool Bredasdorp word ‘n B-graad skool.

1962 Die huidige saal word voltooi.

1976 ‘n 3e tennisbaan word gebou. Fondsinsameling begin vir ‘n atletiekbaan, 3e rugbybaan, krieketkolfperk en betonsitplekke.

1984 Die Hoërskool Bredasdorp kry sy eie Koshuis (Heldersig Koshuis) op die huidige perseel in Van Riebeeck Straat met +/- 65 seuns en dogters.

1995 Die Hoërskool begin sy eie skoolkoerant genaamd LetterKletter en kom 3 keer ‘n jaar uit.

2000's

2000 Hoërskool Bredasdorp, Hoërskool Hermanus en Hoërskool Overberg begin die Atletiek Interskole.

2006 Leerdertal groei na oor die 500 leerders

2007 Hoërskool Bredasdorp vier sy 75 bestaansjaar op die die nuwe perseel in Bondstraat.

2012 Die Hoërskool Bredasdorp koop ‘n splinter nuwe Mercedus 65-sitplek bus.

2014 die huidige skoolsaal word vergroot om by die leerdertal aantepas