Bredasdorp self het ontstaan toe erwe op die plaas Langefontein vanaf 16 Mei 1838 verkoop is. Die NG Kerk het vanaf die vroegste tye ‘n groot rol gespeel in die stigting en selfs die bedryf van die skool op Bredasdorp. Die eerste skooltjie is deur J.D. Ungerer (koster van die NG Kerk) in 1840 begin, met 1 tafel, geskenk deur die kerk. Mnr Ungerer was die onderwyser.

 

Mnr Hendrik Matthee begin ‘n private skooltjie, in die gebou langs die kerk, êrens tussen 1840 en 1850.

Die skool loop egter dood en ‘n tweede private skooltjie word in 1850 deur Mnr Diak, die Skotse posmeester begin. In 1858 begin die Hollandse Mnr Pieter Smee ‘n skool in die konsistoriekamer van die NG Kerk.

±1863 (ongeveer ‘n kwarteeu na die ontstaan van Bredasdorp)Die geskiedenis van die openbare skool in Bredasdorp volg hierna met behulp van ‘n tydlyn:

  • Geelskooltjie – die eerste openbare skool word gestig
  • 1906 – Die eerste skoolraad ontstaan. Hulle beplan en bou ‘n skoolgebou. Leerdertal ± 100
ons missie & visie

Hoofde in volgorde: Mnr PE Roux; Mnr du Toit; Mnr JJ Langenegger; Mnr MF Toerien; Mnr J Burger

  • 1912 Leerdertal het toegeneem tot 200.
  • Mnr J Siebrits staan as hoof tot 1917
  • 1914 Huidige skoolgebou in Langstraat word ingewy.
  • 1917 Mnr LW Lieberberg word skoolhoof.
  • 1918 Eerste matrikulante matrikuleer by Bredasdorp Skool.
Ons Span