Heldersig Koshuis

Heldersig Koshuis bied gedurende die week verblyf aan ’n maksimum van 44 dogters en 44 seuns.

Die koshuis bied ook ‘n middagstudiediens aan studente wat nie voltyds wil inwoon nie.  Die diens is van na skool tot 17h00 beskikbaar en sluit middagete en studietyd teen ‘n minimale bedrag in. Ons enigste fondsinsameling geskied deur naweekverblyf aan sport- en kerkgroepe te verhuur met die opsie om ontbyt te neem indien verkies.

Alle maaltye word deur ‘n dieetkundige saamgestel en by die koshuis genuttig. Kinders is welkom om ‘n ekstra vrug of broodjie te smeer indien hul iets te ete wil saamvat skool toe. Kospakkies is ook beskikbaar vir kinders wat op sportuitstappies gaan.

Die koshuis is binne loopafstand van Hoërskool Bredasdorp af.

Heldersig Koshuis was nog altyd trots daarop dat die meerderheid van Hoërskool Bredasdorp se studenteraadslede inwoners van Heldersig Koshuis is. Dit getuig weereens van die gesonde balans wat daar geskep word om van ons kinders leiers op alle vlakke te maak.

Die Koshuis Superintendent/ Ouers se woonstel is direk aan die koshuis gekoppel. Voorts is daar vyf ander skoolpersoneellede wat in verskeie woonstelle by die koshuis woonagtig is.

Die fasiliteite bestaan uit ‘n aparte dogters- en seunsvleuel.

Elke vleuel bestaan uit twee vloere met 8 vier-bed kamers, 2 drie-bed kamers en 6 enkelkamers in totaal. Kamers word elke oggend geïnspekteer en kinders word aangemoedig om netjies op hulself en hul kamers te wees.

Vorots is daar ‘n studiesaal, ‘n TV kamer met DSTV, ‘n eetsaal en ontspanningslokaal wat bestaan uit ‘n sitkamer en aparte ontspanningsarea met tafeltennis, “Füss ball” en verskeie bordspeletjies. Daar is ook aparte vertrekke wat onderskeidelik  ‘n snoekertafel en klavier huisves.

Ons poog om die kinders ‘n gedissiplineerde huislike atmosfeer te bied met verskeie aktiwiteite wat kinders op alle vlakke stimuleer, laat groei en ontwikkel.

Daar word gekyk na die volle ontwikkeling van die kind op 4 vlakke: