Uncategorised
Veelsydige leerder – Helena Kriel
Ons is met reg trots op Helena Kriel in gr 9. Sy is ‘n veelsydige leerder wat, ten spyte van die beperkings wat die Covid-pandemie meebring, op kultuurgebied haar heel beste gee. Sy het deurgedring na die finale rondte van die landswye Wêreldkennisolimpiade wat later vandeesmaand plaasvind. Helena neem vanaf 8 tot 10 Oktober aan die landsfinaal van die Nasionale Interskole Redenaarsliga SA deel (Behaal 95,5% tydens aanlyn Provinsiale Rondte).
Ook op formele musiekgebied vaar sy tans uitstekend. Sy word gekies vir die UNISA Musiekteorie ererol vir haar uitmuntende prestasie vir Teorie graad 3. Slegs kandidate wat meer as 90% behaal, kom in aanmerking hiervoor. Gedurende September lê sy haar UNISA Graad 5 Klaviereksamen in Hermanus af.
Sy neem ook op 13 Augustus aan die eerste rondte van die Johan Vos Musiekkompetisie by die Hugo Lambrechts Musieksentrum deel. Ons hou duimvas vir haar is trots daarop dat sy altyd net haar heel beste gee in al die aktiwiteite waar sy betrokke is.