Baie dankie aan AfriForum Kaap Agulhas! Julle maak dit vir ons spelers spesiaal om deel van ons skool se rugby te kan wees. Op nog vele rugbyherinneringe.
Monthly Archives: June 2022
Vier BD-hokkiespelers is in die Noord-Boland O.14-streekspanne opgeneem! Ons is baie trots op v.l.n.r. Brent Sinani, Kirsty Olkers, Mia Swart en Alcke Kapot. Hulle gaan gedurende die Junie-vakansie aan ‘n Bloemfontein hokkietoernooi deelneem en sal beslis ware ambassadeurs vir Hoërskool Bredasdorp wees. Baie geluk!
Nikitha August, Amanda Gouws en Amy Davids het gister aan die Skeepswrak museum se jaarlikse redenaarskompetisie deelgeneem. Amy het ‘n 3de plek verower en Amanda het 1ste gekom. Beide dring na die volgende rondte later die jaar deur en gaan vir Bredasdorp teen die bestes van al die skole in die Overberg verteenwoordig. Baie geluk!
Sterkte aan elke BD met die eksamen wat voorlê! Do your best and you will reap the rewards.




