STELLENBOSCH WETENSKAP EXPO

Hierdie expo is vanjaar as ‘n hybrid-kompetisie aangebied. Die leerders het hulle projekte aanlyn ingehandig en het vandag by Paul Roos Gimnasium vir beoordeling gaan uitstal. Daar was in totaal 191 projekte ingeskryf waarvan Hoërskool Bredasdorp 7 projekte ingeskryf het. Die volgende graad 8 en 9-leerders het gaan deelneem: Graad 9: Lulah Kilingbeck, Suzanne Pretorius, LZ du Toit en Lillian Nel. Graad 8: Kara Liebenberg, Philip Fick, Hugo Bester, Sophia de Lange, Jana van Zyl en Reese Louw. Ons leerders het die volgende prestasies behaal: Phillip Fick en Hugo Bester – Brons Lulah Kilingbeck – Brons LZ du Toit – Highly recommend Suzanne Pretorius – Brons Reese Louw en Sophia de Lange – Silwer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *