Baie seën.
Daily Archives: 22 August 2022
Kaartjies by juf. Olivier te koop.
Die skaakspelers het gister in Caledon gaan deelneem. Ons A-span het 1ste en B-span het 3de plekke behaal. Die BD’s het ook medaljes vir volgende plekke ingepalm: Brandon Edwards het al vyf sy wedstryde by tafel 1 gewen. Deon Harmse het vyf wedstryde by tafel 2 gewen. Javen Hansen het al sy wedstryde by tafel […]
Die netbalseisoen is ook nou amptelik verby! Die BD’s het gister nog teen HS Bellville netbal gespeel. Die ondersteuners het in groot massas opgedaag en dit was ‘n heerlike dag van netbal. Ons neem met hartseer van ons matrieks afskeid wat ook hul laaste wedstryd vir die BD’s gespeel het.
HSB het vandag ‘n uiterse suksesvolle gholfdag aangebied! Daar was omtrent 68 spelers wat deelgeneem het. Baie geluk aan elke wenner, veral die juniors wat die BD’s verteenwoordig het. Baie dankie aan mnr. Marius Swart, juf. Carina du Toit en haar man, mnr. Johan du Toit en juf. Liezel van Schalkwyk wat voorgevat het met […]
Die AKTV Kultuurkorf Jeug- en Suidpunttak het vanmiddag ‘n vrouemiddag gehou. Yvonne de Witt het ‘n juweliersdemonstrasie gehou! Die vroue het heerlik gekuier en die kreatiwiteit is getoets. Dankie juf. Nolte vir hierdie heerlike middag.
Bring die hele gesin en kom stap of draf die 4km Toontjie! Roete kan hieronder gevind word.
Die graad 10’s het vandag in Lewenswetenskap harte gedisekteer nadat hulle hierdie week die hart behandel het. Dankie aan juffrou Olivier wat dié ervaring na die klaskamer toe bring en die leerders (en dalk toekomstige dokters) hierdie geleentheid gee. Ook bedank ons graag Bredasdorp Slagpale wat elke jaar die harte vir die graad 10-klas skenk.