Monthly Archives: August 2022

LEWENSWETENSKAP – HART

Die graad 10’s het vandag in Lewenswetenskap harte gedisekteer nadat hulle hierdie week die hart behandel het. Dankie aan juffrou Olivier wat dié ervaring na die klaskamer toe bring en die leerders (en dalk toekomstige dokters) hierdie geleentheid gee. Ook bedank ons graag Bredasdorp Slagpale wat elke jaar die harte vir die graad 10-klas skenk.