DAMESOGGEND

My Story Tribe het Saterdagoggend by HSB kom kuier. Die aktrise, Milan Murray, wat in Die Byl te sien is en Chantal Griesel, ‘n arbeidsterapeut, het met ma’s en dogters kom gesels. Die tema was: “You can sit with us.”. Die verskille tussen ma’s en hul tienerdogters, om mekaar beter te verstaan en vrouwees is bespreek en gevier. Die tafels het pragtig gelyk en behoorlik onder die heerlike eetgoed gekreun. Baie dankie aan juffrou Odendaal en haar span wat die oggend moontlik gemaak het!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *