Monthly Archives: September 2022
Ons fondsinsamelingsprojek vorder goed. Koop u lootjie van R50 en staan ‘n kans om ‘n motorfiets of poegie te wen!
Baie seën!
My Story Tribe het Saterdagoggend by HSB kom kuier. Die aktrise, Milan Murray, wat in Die Byl te sien is en Chantal Griesel, ‘n arbeidsterapeut, het met ma’s en dogters kom gesels. Die tema was: “You can sit with us.”. Die verskille tussen ma’s en hul tienerdogters, om mekaar beter te verstaan en vrouwees is […]
An update about our Astro. Very exciting!
By HSB kan ons nie sonder ons sekretaresses en adminpersoneel funksioneer nie! Die adjunkhoof, mnr Matthys, het namens die opvoeders hul waardering uitgespreek vir die harde werk en die beeld wat hul na buite uitdra. Ons is uiters dankbaar vir wat julle vir die leerders, ouers en personeel doen. Baie dankie aan: Mev. Soretha Kotzé […]
Dit is met groot hartseer dat HSB van die afsterwe van Jamery Carelse, matriek 2009, verneem. Ons innige meegevoel aan sy familie, gesin, vriende en almal wat hom geken het!
Baie seën!
Elza de Kock het ‘n AdMaths-sertifikaat ontvang vir haar uitstekende prestasie in die November 2021 (gr. 10) en Junie 2022 (gr. 11) eksamens. Elza het bo 90% in beide eksamens behaal, voorwaar ‘n puik prestasie. Baie geluk, Elza. HSB is baie trots op jou!