Suideroord Tehuis vir Bejaardes

Wat ‘n voorreg vir Hoërskool Bredasdorp se personeel om saam met Suideroord se inwoners te kon kuier. Ou bekendes raak te loop en met nuwe vriende te gesels. Te kon saamsing, lag, eet en gesels. Want tyd is kosbaar. Mag jul liggieprojek ‘n reusesukses wees. Wat ons is, is net Genade. Wat ons het, is inderdaad net vir ons geleen. Dit was beslis ‘n middag om te onthou. Baie dankie, Suideroord Tehuis vir Bejaardes

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *