NETBAL

Ons eerstespan netbal is tuis na hulle aan die 40ste Arthur Johnson Sportweek in Mosselbaai deelgeneem het. Hierdie jong span het hul staal gewys en vir geen skool teruggestaan nie. Hulle eindig 7de uit 16 spanne. Tellings: 29-2 vs Adamantia 12-11 vs Curro Mosselbaai 13-22 vs Dirkie Uys 21-22 vs Charlie Hofmeyr 33-9 vs Greenwood Bay 22-23 vs Grens 20-13 vs Douglas 13-13 vs Hartswater Elza de Kock, Princess April en Junicke Newman is deur Travel en Sport uitgenooi na hul toer na Italië wat in Desember plaasvind. Baie sterkte met die seisoen wat voorlê, meisies.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *