Daily Archives: 16 April 2023

LOOPBAANUITSTALLING

Die jaarlikse loopbaanuitstalling het vandag, 12 April 2023, by HSB plaasgevind. Leerders het die geleentheid gekry om met verskeie uitstallers van verskillende universiteite en instansies te gesels. Die BD’s het ook inligting en pamflette ingesamel rakende verskeie loopbaankeuses. Die BD’s is baie dankbaar vir hierdie goeie geleentheid.