SKAAK

Ons BD-skaakspelers het op 1 en 2 April 2023 by Dr. GJ Joubert, Weltevredepark, Strand vir die Overberg-skaakspan, aan die WCSC HS Provincial Individual Chess deelgeneem. Die span het ongelooflik goed gevaar en het met gewigtige opponente soos Metro, Eden en Winelands kragte gemeet. Resultate: Na 6 naelbyt rondtes het Deon Harmse, rondtes 4 en 5 gewen. Hy beklee die 11de posisie vir o.17B in die Westelike Provinsie. Jacques Harmse het 4 van die 6 rondtes gewen en het 27ste geëindig. Daar was 93 spelers in die ouderdomsgroep. Brandon Edwards, o.19B, het 2,5 van die 6 wedstryde gewen. Hy het 35ste geëindig. 66 seuns het in sy ouderdomsgroep deelgeneem. Luke Valentine het 4 van 6 wedstryde gewen en het 16de geëindig. Javen Hansen het 3,5 van die 6 wedstryde gewen. Hy het 36ste geëindig. Daar was 86 spelers in die o.15B-ouderdomsgroep Baie geluk aan elke leerder wat deelgeneem het. Julle het vir naelbyt oomblikke gesorg en julle goed van julle taak gekwyt.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *