TROLLEY DASH – SPAR

Janeen Temmers, onderwyseres by De Heide Primêr, het bewys dat sy ‘n BD-ma is waarop haar gr 8 dogter, Mischke Temmers, voorwaar trots kan wees. Janeen is verlede week aangewys as die wenner van die Hoërskool Bredasdorp Trolley Dash-kompetisie; waarna sy verkies het om by Spar haar aankope te doen. Sy het haar uitstekend van haar taak gekwyt deur binne die een minuut tot haar beskikking , ‘n allemintige R1660,00 se kruideniersware in haar trollie te laai. Wat me. Elza Olivier, organiseerder van die kompetisie se hart verder verbly het is dat mnr. Jan van Litsenborgh, eienaar van Bredasdorp Superspar, die bedrag aan Hoërskool Bredasdorp geskenk het. Die ruimhartigheid en betrokkenheid van Spar by ons skool en in ons gemeenskap, word verskriklik baie waardeer. Mnr. Johan de Villiers van Spar was ñ uitstekende aankondiger. Met sy entoesiasme het hy die hele Spar tot stilstand gebring, tot groot vermaak van die kliënte (toeskouers) in die winkel. Baie dankie Spar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *