HOKKIE

Vier van Hoërskool Bredasdorp se leerders het aan die CPL (Cape Town Premier League) Hockey League in Kaapstad deelgeneem. Hul het soos volg gevaar: Alexander van der Walt, gr.12, het vir die o/18 Rebels ‘left back’ gespeel en sy span het 2de in die bekerfinaal geëindig. Hy is as die speler van die wedstryd in hul laaste wedstryd aangewys. Cole Coetzee, gr. 10, het vir die o/16 Rebels ‘left back’ gespeel en sy span het 6de in die plaatafdeling geëindig. Minke Terblanche, gr. 10, het vir die o/16 Heat span “striker” gespeel en haar span het die plaatafdeling gewen. Nina Terblanche, gr. 8, het vir die o/14 Royals span “back” gespeel en haar span het 5de in die bekerafdeling geëindig. Ons is baie trots op hierdie leerders! Ons hoop dat daar volgende jaar nog meer BD’s aan hierdie toernooi sal deelneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *