NETBAL

Die BD-netbalspelers het vandag die reusevoorreg gehad om Lenize Potgieter by die skool te verwelkom! Lenize is ‘n Protea-netbalspeler wat vroeër vanjaar in die Wêreldbeker gespeel het. Sy het ‘n afrigtingsessie met van ons skool se doele gehad. Die BD’s het baie by haar geleer. Nie net oor wat op die baan gebeur nie, maar ook belangrike lesse om in jou lewe toe te pas. Ons is dankbaar vir hierdie geleenthede! Dankie Lenize Potgieter

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *